Spiralia | |
---|---|
Spiraalklovering in Trochus | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Animalia |
(geen rang): | Protostomia |
(geen rang): | Spiralia |
Die Spiralia word as 'n diereklade binne die Protostomia beskou wat 'n susterklade van die Ecdysozoa is. Oor die samestelling en die verwantskap van hierdie klade is nogtans geen algemene ooreenstemming nie. Party navorsers het Spiralia as sinoniem met Lophotrochozoa beskou, maar daar word nou gedink dat die Lophotrochozoa, waartoe die slakke en ringwurms behoort, 'n groep binne die Sprialia is. In 2014 het Trosten H. Struck et al.[1] ondersoek of party eenvoudige diere soos die platwurms en die gastrotricha en gnathostomulida as 'n aparte groep (die "Platyzoa") naas die Lophotrochozoa binne die Spiralia behoort. Hulle resultate dui aan dat hierdie organismes wel binne die Spiralia behoort, maar dat "Platyzoa" parafileties sou wees.