Stawropol-krai Ставропольский край | ||||
Die ligging van Stawropol-krai in Rusland. | ||||
Politieke status | ||||
Land | Russiese Federasie | |||
Federale distrik | Noord-Kaukasiese | |||
Ekonomiese streek | Noord-Kaukasiese | |||
Stigting | 10 Januarie 1934 | |||
Regering | ||||
Hoofstad | Stawropol | |||
Leier | Walery Zerenkof | |||
Amp | Goewerneur | |||
Wetgewer | Staatsdoema | |||
Bevolking | ||||
Sensus | 2010 | |||
Totaal | 2 786 281 | |||
Volgorde | 14de | |||
Digtheid | 41,9/km² | |||
Stedelik | 57,2% | |||
Plattelands | 42,8% | |||
Statistiek | ||||
Oppervlakte | 66 500 km² | |||
Volgorde | 45ste | |||
Tydsone | UTC+04:00 | |||
Registrasienommer | 26 | |||
Amptelike tale | Russies | |||
Webtuiste | http://www.stavkray.ru/ | |||
Wapen en vlag | ||||
|
Stawropol-krai (Russies: Ставропо́льский край, Stawropolski krai) is ’n deelgebied van Rusland. Dit lê in die Noord-Kaukasiese Federale Distrik en die hoofstad en grootste stad is Stawropol. Pjatigorsk is die administratiewe hoofstad van die Noord-Kaukasiese Federale Distrik.
Stawropol-krai het in 2010 ’n bevolking van 2 786 281 gehad.[1]
Die krai word begrens deur die Krasnodar-krai in die weste, Rostof-oblast in die noordweste, Kalmikië in die noorde, Dagestan in die ooste en Tsjetsjnië, Ingoesjetië, Noord-Ossetië-Alanië, Kabardino-Balkarië en Karatsjai-Tsjerkessië in die suide. Dit is een van die veelvolkigste federale gebiede in Rusland – daar is 33 etniese groepe met meer as 2 000 persone elk. Die westelike streek van Stawropol-krai word beskou as deel van die Koebanstreek, die tradisionele tuiste van die Koeban-Kosakke. Die grootste deel van die krai se bevolking woon in die opvanggebied van die Koebanrivier.