Stella Artois is 'n pilsnerbier,[1][2] wat die eerste keer in 1926 deur Brouwerij Artois in Leuven, België, gebrou is. In sy oorspronklike vorm is die bier 5,2 persent alk/vol, die land se standaard vir pilsners. Die bier word ook in ander lande verkoop, insluitend die VK, Ierland, Kanada en Australië, waar dit 'n verlaagde alkoholwaarde het.[3] Stella Artois word besit deur Interbrew International BV wat 'n filiaal is van die wêreld se grootste brouer, Anheuser-Busch InBev SA/NV.[4]
↑McFarland, Ben. "Stella Artois". Craft Beer and Brewing. Besoek op 2 Julie 2019.
↑Jackson, Michael (30 Julie 1999). "Belgium's Great Beers". Beer Hunter. Besoek op 2 Julie 2019.