Stikstof is die volopste element in die atmosfeer en noodsaaklik vir alle lewe. Die stikstofsiklus is 'n biochemiese siklus wat die geochemiese omsetting van stikstof- en stikstofbevattende verbindings in die natuur beskryf.
Die stikstofsiklus sluit gasvormige komponente in. Die aarde se atmosfeer bevat ongeveer 78-80% stikstof,[1] wat dit die grootste bron van stikstof maak. Hoewel stikstof oorspronklik die gas sonder lewe genoem is, is dit 'n noodsaaklike element vir alle lewende organismes. Proteïene bevat sowat 16 persent stikstof. Ons het reeds gesien dat stikstof een van die noodsaaklike mineraalvoedingstowwe vir die plantelewe is.
Plante kan egter nie die stikstof in die lug regstreeks gebruik nie; hulle kan dit net opneem as dit in die vorm van stikstofverbindings soos nitraat (NO3) is. Nitraat word in die lug gevorm deur die verbinding van suurstof en stikstof tydens weerligontladings. ʼn Bietjie daarvan kom in die vorm van ammoniumnitraat deur reënwater in die grond, maar dit is te min om die plantelewe te onderhou.
Die grootste deel van die nitraat in die grond word deur nitraatvormende of nitrifiserende bakterieë uit die atmosferiese stikstof gevorm. Die twee vernaamste soorte mikro-organismes wat stikstof verwerk tot die nitraat, dit wil sê die vry stikstof bind in 'n verbinding waarin dit deur plante opgeneem kan word, is die rhizobium, wat in die wortelknolle van peulplante soos ertjies en klawer lewe, en die Azotobacter, wat vryelik in die grond leef.[2]
Die wyse waarop hierdie organismes stikstof in nitraat verander is nog nie heeltemal bekend nie, maar daarsonder sou die meeste plante nie kon bestaan nie. Die stikstof in die proteïene in ons liggaam kom dus met ʼn ompad uit die lug, langs'n siklus wa die rhizobium-bakterieë, plante, en die vleis van plantetende diere insluit.
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)