Syroete: Die roetenetwerk van Chang'an-Tianshan-Korridor* | |
---|---|
Unesco-wêrelderfenisterrein | |
Die syroetes van Suid-Europa deur Arabië, Somalië, Egipte, Persië, Indië en Java tot by China. Die landroetes is rooi en die seeroetes blou. | |
Lande | Kasakstan, Tadjikistan, Volksrepubliek China |
Tipe | Kultureel |
Kriteria | ii, iii, iv, vi |
Verwysings | 1442 |
Streek† | Asië |
Inskripsiegeskiedenis | |
Inskripsie | 2014 (38ste Sessie) |
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn. † Streek soos deur Unesco geklassifiseer. |
Zarafshan-Karakum-korridor* | |
---|---|
Unesco-wêrelderfenisterrein | |
Lande | Oesbekistan, Tadjikistan, Turkmenistan |
Tipe | Kultureel |
Kriteria | ii, iii, v |
Verwysings | 1675 |
Streek† | Asië |
Inskripsiegeskiedenis | |
Inskripsie | 2023 (45ste Sessie) |
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn. † Streek soos deur Unesco geklassifiseer. |
Die Syroete was ’n netwerk karavaanroetes deur Sentraal-Asië, waarlangs eeue lank handel gedryf is tussen die Midde-Ooste en die gebiede om die Middellandse See aan die een kant en China en Oos-Asië aan die ander kant. Dit was van die klassieke oudheid tot die laat Middeleeue ’n belangrike verbinding tussen Oos en Wes.
Die eerste persoon wat die naam Syroete (Duits: Seidenstraße) gebruik het, was die Duitse geograaf en ontdekkingsreisiger Ferdinand von Richthofen in 1877.[1]
Die Sentraal-Asiatiese deel van die Syroete is al omstreeks 115 v.C. deur die Han-dinastie gebruik.[2] Die handel oor land het in die Middeleeue afgeneem toe seevervoer belangriker geword het.[3] Die Syroete se roetenetwerk van Chang'an-Tianshan-Korridor is in 2014 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys en die Zarafshan-Karakum-korridor in 2023.