Tibettane | |
---|---|
Tibettane in Tibet | |
Totale bevolking: | ca. 7,8 miljoen |
Belangrike bevolkings in: | Volksrepubliek China ~7,5 miljoen Indië 190 000 |
Taal: | Tibettaans |
Geloofsoortuiging: | Hoofsaaklik Tibettaanse Boeddhisme |
Verwante etniese groepe: | Ander Sino-Tibettaanse volke soos Bamar |
Die Tibettane (Tibettaans: བོད་པ་) is 'n etniese groep inheems aan die outonome gewes Tibet in die Volksrepubliek China en die aangrensende lande van Suid-Asië: Bhoetan, Indië en Nepal.
Die Tibettane behoort tot die Sino-Tibettaanse volke wat naas die Volksrepubliek China ook in lande soos Bhoetan, Mianmar, Nepal en Indië se noordooste leef. Hulle praat Tibettaans as moedertaal en is hoofsaaklik aanhangers van die Tibettaanse Boeddhisme. In die Volksrepubliek China behoort die Tibettane tot een van die 56 amptelik erkende etniese groepe ("nasionaliteite") en word "Zang" (Chinees: 藏族; pinyin: Zàngzú) genoem. Hulle leef veral in die Suidwes-Chinese outonome gewes van Tibet noord van die Himalaja.
Wêreldwyd leef omtrent 7,8 miljoen Tibettane, waarvan sowat 7,5 miljoen in Tibet en 190 000 in Indië. Die Tibettaanse diaspora het veral as gevolg van die Tibettaanse opstand van 1959 en die aansluitende anneksasie van Tibet deur China in Indië en Westerse lande soos Australië, Kanada, Switserland, die Verenigde Koninkryk en die Verenigde State gevestig.