In musiek is die tonika die eerste trap van ’n diatoniese toonleer en die toonsentrum of finale oplossingsnoot is.[4] die drieklank wat op die tonika gebou word, die tonika-akkoord, is dus die belangrikste akkoord. Die tonika is meer algemeen die toonhoogte waarna al die ander toonhoogtes in ’n stuk musiek hiërargies verwys. Toonlere word volgens hulle tonika benoem, dus is die tonika van die toonleer op C, die noot C. Eenvoudige liedjies kan op die tonika begin en eindig.
Die tonika word soms verwar met die grondnoot, wat die verwysingsnoot van ’n akkoord is, eerder as van die toonleer. Dit word ook verteenwoordig deur die Romeinse syfer I.