Tsesarewitsj

Die keiserlike standaard van die tsesarewitsj.
Die wapen.

Tsesarewitsj (Russies: цесаре́вич, IFA: tsɨsɐˈrʲevʲɪtɕ, meervoud: tsesarewitsji) was die titel van die regmatige of vermoedelike troonopvolger in die Russiese Keiserryk. Dit is óf voor die naam en patroniem geskryf óf het dit vervang. Dit is afgelei van "tsesar" (die ou Russiese woord vir "tsaar"), wat weer afgelei is van Caesar.


Developed by StudentB