Turkanameer | |
---|---|
Satellietbeeld van die Turkanameer | |
Ligging van die Turkanameer | |
Koördinate: | 3°35′N 36°7′O / 3.583°N 36.117°O |
Ligging: | Ethiopië, Kenia |
Soort: | Binnemeer |
Oppervlakte: | 6 405 km² (2 473 myl²) |
Gemiddelde diepte: | 30,2 m (99 vt) |
Maksimum diepte: | 109 m (358 vt) |
Volume: | 203,6 km³ (165 vt) |
Lengte: | 290 km |
Breedte: | 32 km (20 myl) |
Opvangsgebied: | 130 860 km² (50 530 myl²) |
Uitvloei: | Omorivier, Turkwel, Kerio |
Eiland/e: | Noord-Eiland, Sentraal-Eiland, Suid-Eiland (vulkanies) |
Nedersettings: | El Molo, Loyangalani, Kalokol, Eliye Springs, Ileret, Fort Banya. |
Die Turkanameer (Engels: Lake Turkana) is in die noorde van Kenia en was voorheen bekend as die Rudolfmeer. Die meer is 290 km lank en 32 km wyd. Dit is die grootste meer in 'n woestyn in die wêreld en is deel van die Groot Mere van Afrika en die Groot Skeurvallei. Dit het geen uitvloei nie en verloor water slegs deur verdamping. Die noordelike punt van die meer is in Ethiopië. Die Omorivier mond uit in die meer.