’n Uitloper in ’n oorlog is ’n strook wat in die vyand se gebied uitloop. Dit word aan drie kante deur die vyand omring en dit maak die troepe in die uitloper kwesbaar. ’n Diep uitloper staan die gevaar om by die basis afgesny te word en so ’n nes te vorm.
Voorbeelde:
In die Tweede Wêreldoorlog het die Sowjetunie ’n groot uitloper van 150 km breed in Koersk beset waar die Slag van Koersk, die grootste tenkgeveg in die geskiedenis en ’n beslissende slag aan die oosfront, plaasgevind het.
Ook in die Tweede Wêreldoorlog het die Duitse weermag in Desember 1944 ’n verrassingsaanval teen die Gealllieerdes geloods in die Ardennes (hoofsaaklik in België en Luxemburg). Dit het vir weke ’n groot uitloper tot gevolg gehad.