In Katolieke teologie is die vaevuur, ook die vagevuur (verouderd)[1] genoem, ’n tussentydse toestand ná ’n mens se fisieke dood waardeur sommige wat vir die hemel bestem is, eers moet gaan vir finale "reiniging" sodat hulle die hemel kan betree. Die redenasie is dat "sommige sondes in hierdie tyd vergewe kan word, maar sekere ander in die tyd wat kom".[2] Net dié wat in God se grasie en vriendskap sterf, maar nog nie volkome gereinig is nie, kan na die vaevuur toe gaan. Daarom sal niemand wat daar is, vir altyd in die vaevuur bly of eindelik hel toe gaan nie. Die idee van ’n vaevuur word veral met die Rooms-Katolieke Kerk verbind; in die Oosters-Katolieke kerke is dit ook ’n leerstelling, maar dit word nie altyd "vaevuur" genoem nie – eerder die "finale reiniging" of "finale teose".
Hoewel die Anglikaanse, Metodiste- en Oosters-Ortodokse Kerk die bestaan van ’n vaevuur ontken soos die Katolieke Kerk dit glo,[3] erken hulle die bestaan van ’n tussentyde toestand, Hades, en bid hulle vir die afgestorwenes.[4][5][6]
In die moderne sin kan die term "vaevuur" ook gebruik word vir ’n algemene toestand van lyding, veral een wat tydelik is.[7]
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: onerkende taal (link)
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: onerkende taal (link)