In chemie verwys die term valensie na die aantal ongepaarde elektrone van 'n element, bv. suurstof = 2, natrium = 1, chloor = 1, ens. Die valensiegetal vir die elemente in groepe een tot vier stem ooreen met die groepnommer, en vir groepe vyf tot ses is dit agt minus die groepnommer. Hierdie term moet nie met valenselektrone verwar word nie.
Hierdie begrip is egter verouder en vervang deur die begrip oksidasietoestand, omdat dit tot dubbelsinnigheid kan lei. Volgens valensie se IUSTC-definisie[1] is in die verbindings SCl2 en H2S swawel s'n albei twee, maar die oksidasietoestand van die swawelatome is 2+ en 2-.
Die woord word egter soms nog gebruik. Verbindings waarin dieselfde element in twee verskillende oksidasietoestande voorkom soos magnetiet wat beide Fe2+ en Fe3+ bevat, word gemengdevalensie-verbindings genoem.