Volksetimologie is die klankverandering (opsetlik of onopsetlik) van woorde wat betekenisloos is[1] tot nuwe woorde wat verstaanbaarder is.[2] Die ongewone woorde[3] is uitgespreek soos dit vir die sprekers (die gewone mens, breedweg die volk) geklink het en is soms verander of vervorm tot 'n woord wat bekend klink (hetsy deur klank-, hetsy deur begripassosiasie).[4][3][5][6] Volksetimologieë is in Afrikaans eiegoed, en nie uit Nederlands oorgeërf nie. Dit het hetsy uit misverstand, hetsy uit onkunde, hetsy grappenderwys in die volksmond ontstaan.[7][8] In wese speel volksetimologie nie 'n belangrike rol in die vorming van die nuwe Afrikaanse woordeskat nie.[3] In die negentiende-eeuse Transvaalse koerante word veral met baie konsepte en eiename van Britse (imperialistiese) herkoms mee die spot gedryf.[9]
<ref>
tag; no text was provided for refs named prinsloo
<ref>
tag; no text was provided for refs named Botha
<ref>
tag; no text was provided for refs named HSPietersburg
<ref>
tag; no text was provided for refs named DuToitPJ
<ref>
tag; no text was provided for refs named Basson
<ref>
tag; no text was provided for refs named DeKlerk
<ref>
tag; no text was provided for refs named Vandermerweponelis
<ref>
tag; no text was provided for refs named CombrinkVanRensburg