Voyeurisme | ||
Klassifikasie en eksterne bronne | ||
"Mercurius en Herse", ’n toneel uit The Loves of the Gods, ’n stel kunswerke deur die Italiaanse graveur Gian Giacomo Caraglio. Dit wys Mercurius, Herse en Aglaulos. | ||
ICD-10 | F65.3 | |
ICD-9 | 302.82 | |
Mediese waarskuwing |
Voyeurisme is die seksuele belangstelling in of praktyk van ander mense dophou wat in intieme dade betrokke is, soos ontkleding, seks en ander aksies wat gewoonlik as privaat beskou word.[1]
Die term kom van die Franse woord voir, "om te sien". ’n Manlike voyeur word soms ’n afloerder (Engels: Peeping Tom) genoem.[2] Dit word egter gebruik vir iemand wat ander in die geheim dophou en gewoonlik nie op ’n openbare plek nie.