Die vrye indirekte rede is 'n stylfiguur tussen die direkte en indirekte rede, oftewel tussen 'n monoloog en 'n verslag van die belewenis of ervaring van iemand anders. Hierdie stylfiguur neem meestal die vorm aan van die onvoltooide verlede tyd,[1] in dié verband ook "verhalende imperfektum" genoem. Die vrye indirekte rede het meestal betrekking op die "nou" wat beskryf word, dit wil sê op 'n tydstip wat saamval met wat in die res van die sin beskryf word.