Vryheidsbeker | |
2024-Rugbykampioenskapreeks | |
Sportsoort | Rugby |
---|---|
Gestig | 2004 |
Eienaar | NZR en SARU |
Inwydingseisoen | 2004 |
Deelnemende lande | Nieu-Seeland Suid-Afrika |
Aantal spanne | 2 |
Mees onlangse kampioen | Suid-Afrika (2024) |
Verwante kompetisies | Die Rugbykampioenskap |
Die Vryheidsbeker is ’n internasionale rugbykompetisie wat elke jaar tussen die nasionale rugbyspanne van Nieu-Seeland en Suid-Afrika as deel van die Rugbykampioenskap beslis word. Dit is in 2004, die tiende verjaarsdag van Suid-Afrika se demokrasie, vir die eerste keer beslis. Die huidige kampioen is Suid-Afrika, nadat hulle die beslissende wedstryde tydens die 2024-Rugbykampioenskapreeks gewen het.