| |||||
Nasionale leuse: Cymru am byth (Wallies vir: "Wallis vir altyd" of "Lang leef Wallis")[1] | |||||
Volkslied: Hen Wlad Fy Nhadau (Wallies vir: "Land van my vaders") | |||||
Hoofstad | Cardiff (Caerdydd) | ||||
Grootste stad | Cardiff (Caerdydd) | ||||
Amptelike tale | Engels en Wallies | ||||
Regering | Unitêre parlementêre grondwetlike monargie Charles III Eluned Morgan | ||||
Onafhanklikheid | 1057 3 Maart 1284[2] 1543[3] 31 Julie 1998[4] | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
21 218[5] km2 (3de (VK)) 8 192 myl2 | ||||
Bevolking - 2022-skatting - 2022-sensus - Digtheid |
3 131 640[6] (3de (VK)) 3 107 494[7] 151 / km2 391,1 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2022-skatting £74,5 miljard[8] (3de (VK)) | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2022-skatting £85,4 miljard[9] (3de (VK)) | ||||
MOI (2021) | 0,898[10] (–) – baie hoog | ||||
Gini (2016–19) | 30[11] – medium | ||||
Geldeenheid | Pond sterling (£) (GBP )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
GMT (UTC±0) BST (UTC+1) | ||||
Internet-TLD | .uk, .gb | ||||
Skakelkode | +44 | ||||
Beskermheilige: Sint David (Dewi Sant) Nasionale blom: Prei, Tuinaffodil |
Wallis (Engels: Wales, [ˈweɪlz], ; Wallies: Cymru, [ˈkəmri], ) is een van die vier lande van die Verenigde Koninkryk. Dit lê in die suidweste van Groot-Brittanje en word deur die Engelse graafskappe (counties) Cheshire, Shropshire, Herefordshire en Gloucestershire in die ooste, die Kanaal van Bristol in die suide, die Sint-Georgekanaal (St. George's Channel) in die suidweste en die Ierse See in die weste en noorde begrens.
Soms word na Wallis ook as die Vorstedom van Wallis (Engels: Principality of Wales, Wallies: Tywysogaeth Cymru) verwys, alhoewel die Prins van Wallis nie by die regering van die land betrokke is nie en hierdie naam nie deur alle bewoners van Wallis goedgekeur word nie.
Wallis het nooit as 'n soewereine staat bestaan nie, en die Walliese deelkoninkryke is in 1282 deur Engeland geannekseer, nadat die Engelse koning Edward I in die Slag van Cilmeri 'n oorwinning oor die Walliese monarg Llywelyn II behaal het. Die Walliese Reg is egter in sommige plekke tot die afkondiging van die nuwe wetgewing oor regsake in Wallis (Laws in Wales Acts) in die jare 1535 tot 1542 behou.
Cardiff, die grootste stad van Wallis, is in 1955 as sy hoofstad aangewys (voor 1955 was daar geen amptelike Walliese hoofstad nie), terwyl die Prins van Wallis 'n amptelike woning in Caernarfon het. Die plaaslike parlement, die Nasionale Vergadering van Wallis, is in 1999 ná 'n referendum gevorm. Sy bevoegdhede is in 2007 volgens die Wet op die Regering van Wallis uitgebrei.
Wallis word tradisioneel verbind met 'n reeks ikoniese simbole – Walliese manskore, rugby, steenkoolmyne en lang reekse van terrashuise waarin mynbouwerkers gehuisves is, leiklipgroewe, Middeleeuse kastele (soos die "Ysterring" wat ná die Engelse verowering van Wallis ontstaan het), die bergpiek Mount Snowdon en skaapteelt (daar is steeds drie skape vir elke inwoner).
In die laat 20ste en vroeë 21ste eeu is nuwe ikone by dié lys gevoeg: nuwe nasionale museums wat die Walliese geskiedenis aan die nageslagte verduidelik (en, onafhanklik hiervan, as argitektoniese besienswaardighede beskou word), die nuwe parlementsgebou wat die Walliese Senned huisves, die Millennium-stadion en die herontwikkelde dokke van Cardiff asook die nuwe besoekersentrum wat sy deure op Mount Snowdon geopen het.
{{cite journal}}
: Cite journal requires |journal=
(hulp)