Wildstropery word gedefinieer as die onwettige jag of vang van wilde diere, gewoonlik geassosieer met grondgebruiksregte. Stropery word uitgevoer deur verarmde kleinboere vir bestaansdoeleindes en 'n aanvulling vir karige diëte. Dit word in teenstelling met die jagvoorregte van adelikes en gebiedsheersers beskou.
Sedert die 1980's word die term "stropery" ook gebruik om te verwys na die onwettige oes van wilde plantspesies.[1][2] In landbouterme word die term "stropery" ook toegepas op die verlies van grond of gras deur die skadelike werking van die pote van vee, wat die beskikbaarheid van produktiewe grond kan beïnvloed deur besoedeling van afloopwater en welsynsprobleme vir kuddevee. Om vee te steel word geklassifiseer as diefstal, nie stropery nie.[3]
In 1998 het omgewingswetenskaplikes van die Universiteit van Massachusetts Amherst die konsep van stropery as 'n omgewingsmisdaad voorgestel, wat enige aktiwiteit as onwettig omskryf wat in stryd is met die wette en regulasies wat ingestel is om hernubare natuurlike hulpbronne te beskerm, insluitend die onwettige oes van wilde diere met die opset om te besit, vervoer, verbruik of verkoop asook die gebruik van liggaamsdele. Hulle beskou stropery as een van die mees ernstige bedreigings vir die oorlewing van plant- en dierebevolkings. Wildbioloë en bewaringsbewustes beskou stropery as 'n nadelige uitwerking op biodiversiteit binne en buite beskermde gebiede namate die bevolkings van die natuur afneem, spesies plaaslik uitgeput word en die funksionaliteit van ekosisteme versteur word.
{{cite journal}}
: Cite journal requires |journal=
(hulp)
{{cite journal}}
: Cite journal requires |journal=
(hulp)
{{cite journal}}
: Cite journal requires |journal=
(hulp)