Wladimir Lenin | |
Wladimir Lenin in 1920 | |
Voorsitter van die Volksraad van Kommissarisse
| |
Ampstermyn 8 November 1917 – 21 Januarie 1924 | |
Voorafgegaan deur | Aleksander Kerenski (as president van die voorlopige regering) |
---|---|
Opgevolg deur | Aleksei Rikof (Josef Stalin as partyleier) |
Leier van die Bolsjewisteparty
| |
Ampstermyn 17 November 1903 – 21 Januarie 1924 | |
Voorafgegaan deur | Geen |
Opgevolg deur | Josef Stalin (as hoofsekretaris) |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 22 April [O.S. 10 April] 1870 Simbirsk, Russiese Ryk |
Sterf | 21 Januarie 1924 Gorki Leninskije, Russiese SFSR, Sowjetunie |
Politieke party | Bolsjewisteparty |
Eggenoot/-note | Nadezjda Kroepskaja |
Professie | Politikus, rewolusionêr, regsgeleerde |
Religie | Geen[1] |
Handtekening |
Wladimir Iljitsj Lenin (Russies: Владимир Ильич Ленин; 22 April [O.S. 10 April] 1870 – 21 Januarie 1924), was ’n Russiese rewolusionêr, skrywer, regsgeleerde, stigter van die Bolsjewisteparty, leier van die Oktober-rewolusie, stigter van die Sowjetunie en die eerste leier van die Russiese Sosialistiese Federale Sowjetrepubliek. "Lenin" was een van sy skuilname as rewolusionêr en is waarskynlik ’n verwysing na die rivier Lena. Hy is gebore as Wladimir Iljitsj Oeljanof (Владимир Ильич Ульянов).
As hoof van die Bolsjewiste het hy die Rooi Leër na oorwinning gelei in die Russiese Burgeroorlog en daarna die wêreld se eerste amptelike sosialistiese staat gestig. Uit sy uitgebreide teoretiese en filosofiese bydraes tot Marxisme is Leninisme gebore.[2]
Hy het op 21 Januarie 1924 in sy datsja, 'n voormalige herehuis, in Gorki Leninskije gesterf ná ’n aantal beroertes. Sy gebalsemde liggaam is op permanente tentoonstelling in Moskou. Hy is deur Josef Stalin opgevolg as partyleier.