'n Woordverwerker is 'n program op 'n rekenaar waarmee dokumente (soos briewe) mee geskryf word. Hierdie dokumente kan dan met 'n drukker uitgedruk word of elektronies gestoor en versend word.
Woordverwerkers bied nuttige hulpmiddels om dit makliker te maak om goeie dokumente te lewer. So het meeste woordverwerkers 'n ingeboude grammatika- en speltoetser. Foto's en ander beelde kan ingevoeg word en teks kan met verskillende kleure, groottes en skriftipes opgemaak word.
Die bekendste woordverwerker is Microsoft Word. Van die ander bekende woordverwerkers sluit in: LibreOffice Writer en KWord (vir Linux KDE).