Xinjiang | |
---|---|
Outonome streek | |
Die stadshorison van Ürümqi, Xinjiang | |
Ligging van Xinjiang in die Volksrepubliek China | |
Koördinate: 41°0′0″N 85°0′0″O / 41.00000°N 85.00000°O | |
Land | Volksrepubliek China |
Hoofstad | Ürümqi |
Grootste stad | Ürümqi |
Regering | |
• Tipe | Regering van Xinjiang |
• Sekretaris | Ma Xingrui |
• Goewerneur | Erkin Tuniyaz |
Oppervlak | |
• Totaal | 1 664 897 km2 (642 820 vk. myl) |
Bevolking | |
• Totaal | 25 890 000 |
• Digtheid | 15/km2 (40/vk. myl) |
Tydsone | UTC+08:00 (SST) |
Etniese groepe | Oeigoere (45,84%), Han (40,48%), Kasakke (6,50%), Hui (4,51%), Ander (2,67%) |
Webwerf | www.xinjiang.gov.cn |
Xinjiang (Oeigoers: شىنجاڭ, Shinjang; Chinees: 新疆, Pinyin: Xīnjiāng), amptelik die Xinjiang Oeigoer Outonome Gewes, is 'n outonome gewes in die noordweste van die Volksrepubliek China. Die bevolking is in 2021 op 25 890 000 geskat. Die administratiewe gebied van die gewes strek beslaan 'n oppervlakte van 1 664 897km². Die hoofstad en grootste stad is Ürümqi.
Xinjiang grens in die suidooste aan die outonome gewes Tibet, in die ooste aan die provinsies Qinghai en Gansu, in die noordooste aan Mongolië, in die noorde aan Rusland, in die noordweste aan Kasakstan en Kirgisië, in die weste aan Tadjikistan en Afghanistan asook in die suidweste aan Pakistan en Indië. Die gebergtes Karakoram, Kunlun en Tiensjan vorm die grense in die weste en suide.
Die gebied is die tuiste van die Oeigoere, 'n Turkse volk in Sentraal-Asië. Hulle is aan ander Turkse volke soos Azerbeidjanners, Kasakke, Kirgisiërs, Oesbeke, Turke en Turkmene verwant. Daar word derhalwe soms na die gebied as Oos-Turkestan, Oos-Turkmenistan of Oeigoeristan verwys. Die Oeigoere vorm met 46,4% die grootste etniese groep van die streek, gevolg deur Han-Chinese met 39%, Kasakke met 7% en Hui-Chinese met 4,5%.[4] Die Oeigoere ervaar die Chinese bewind as verdrukkend. Massale immigrasie van etniese Han-Chinese is egter besig om die inheemse bevolking te verdring en hulle kultuur te vernietig.[5]