| |||||
Volkslied: Lofsöngur (Yslands vir: "Lofsang") | |||||
Hoofstad | Reykjavik | ||||
Grootste stad | Reykjavik | ||||
Amptelike tale | Yslands | ||||
Regering | Unitêre parlementêre grondwetlike republiek Halla Tómasdóttir Bjarni Benediktsson | ||||
Onafhanklikheid Vorming
• Vestiging • Yslandse Statebond • Unie met Noorweë • Kalmarunie • Denemarke-Noorweë • Verdrag van Kiel • Beperkte selfregering • Uitgebreide selfregering • Koninkryk • Republiek |
9de eeu 930–1262 1262–1814 1397–1523 1523–1814 14 Januarie 1814 5 Januarie 1874 1 Februarie 1904 1 Desember 1918 17 Junie 1944 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
102 775[1] km2 (106de) 39 682 myl2 2,07 (2015)[2] | ||||
Bevolking - 2024-skatting - 2024-sensus - Digtheid |
383 726[3] (171ste) 404 994[4] 3,73 / km2 (240ste) 9,67 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2024-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2024-skatting | ||||
MOI (2022) | 0,959[6] (3de) – baie hoog | ||||
Gini (2020) | 24,0[7](2de) – laag | ||||
Geldeenheid | Króna (ISK )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
WET (UTC±00) nie toegepas nie (UTC±00) | ||||
Internet-TLD | .is | ||||
Skakelkode | +354 |
Ysland (Yslands: Ísland, [ˈistlant], ) is 'n Europese eilandstaat tussen Groenland en die vasteland van Europa. Met 'n oppervlakte van 102 775 vierkante kilometer en 'n bevolking van omtrent 384 000 is Ysland die kleinste en, vanweë sy ligging in die Noord-Atlantiese Oseaan ver van die Europese vasteland af, ook die mees geïsoleerde van die Nordiese of Skandinawiese lande. Sestig persent van die Yslandse bevolking is in die metropolitaanse gebied van die hoofstad Reykjavik in die suidweste van die land gekonsentreer.
Ysland is die grootste vulkaaneiland ter wêreld, die tweede grootste eiland in Europa (ná Groot-Brittanje) en ook die mees ylbevolkte land van Europa.[8] Alhoewel Ysland in politieke opsig deel uitmaak van Europa, lê die eiland op die geologiese grenslyn tussen Europa en Noord-Amerika, die Mid-Atlantiese Rug (MAR). Ysland het sy ontstaan dan ook aan vulkaniese uitvloeisels van hierdie rif te danke. Die aardkors breek hier op en die rif groei nog steeds jaarliks met enkele sentimeters.
'n Gordel van onlangs aktiewe vulkane en breuke in die aardkors loop dwarsdeur die eiland, van Axafjördur in die noorde tot by die eilandgroep Vestmannaeyjar in die suide. 'n Vertakking van hierdie gordel loop tot by Reykjanes, terwyl die skiereiland Snæfellsnes in Wes-Ysland deur 'n vulkaniese buitesone omring word. In die afgelope 1100 jaar sedert die Noorse volksplanting op die eiland was daar tussen 150 en 200 vulkaanuitbarstings in die aktiewe sones, en op sommige plekke het selfs aansienlike vulkaankeëls gevorm.
Die vulkaan Hekla in die suidweste het in die tydperk tussen 1100 en 1970 ten minste vyftien keer uitgebars. Gedurende argeologiese opgrawings is vroeë boerderye ontdek wat onder Hekla se aswolke begrawe was. 'n Hewige uitbarsting in die jaar 1783 het weiland en vee grootskaals verniel en in die hongersnood, wat op die natuurramp gevolg het, het sowat 'n kwart van die destydse Yslandse bevolking gesterf. Onlangse vulkaanuitbarstings het onder meer in 1963 'n nuwe eiland, Surtsey, langs die suidweskus laat ontstaan, terwyl die stad Vestmannaeyjar-Karpstadur op die nabygeleë eiland Heimaey net tien jaar later gedeeltelik verwoes is.
Ysland was onbewoon tot teen die 9de eeu, toe Kelties-Britanniese en Wiking-setlaars hulle as boere op die eiland gevestig het. Ysland het die langste demokratiese tradisie van alle lande ter wêreld met 'n vroeë parlement, die Alþingi, wat uit die jaar 930 dateer.
Ysland was aanvanklik 'n Noorse besitting en het later 'n deel van die Deense koninkryk gevorm. In 1918 het die land 'n selfregerende gebied geword en in 1944 'n onafhanklike republiek met 'n direk verkose president. Die land is lid van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO).
In ekonomiese opsig het die land van 'n geïsoleerde agrariese gemeenskap tot 'n hoëtegnologie-ekonomie ontwikkel wat vir sy burgers 'n baie hoë lewenstandaard verseker.