Datums | 23 Julie - 27 Augustus |
---|---|
Kampioen | Australië (3 titels) |
Wedstryde gespeel | 6 |
Drieë gedruk | 26 (4.33 per wedstryd) |
Bywoning | 281 725 (46 954 per wedstryd) |
Meeste punte | Dan Carter (35) |
Meeste drieë | Digby Ioane Ma’a Nonu Cory Jane Zac Guildford John Smit (2 elk) |
← 2010 2012 → | |
Die 2011-Drienasiesreeks was die sestiende jaarlikse rugbytoernooi tussen die nasionale spanne van Suid-Afrika, Australië en Nieu-Seeland gewees. Die reeks is vanaf 23 Julie tot 27 Augustus 2010 gespeel; korter as in 2010, omdat die Rugbywêreldbeker nog ingepas moes word. Die lande se spanne word onderskeidelik die Springbokke, Wallabies en All Blacks genoem. Australië het die toernooi vir die derde keer gewen. Buitendien het hulle die Mandela Uitdaagplaat ingepalm, terwyl Nieu-Seeland met sowel die Bledisloebeker as die Vryheidsbeker weggestap het.
Die toernooi is deur SANZAR georganiseer, ’n konsortium wat uit die drie lande se rugbyfederasies bestaan. Sedert 2012 is dit na die Rugbykampioenskapreeks verander toe ook Argentinië tot die toernooi toegetree het.[1]