ABC-eilande Inheemse naam: ABC-eilanden, Islanan ABC | |
---|---|
Willemstad op Curaçao | |
Geografie
| |
Ligging | Karibiese See |
Koördinate | 19°09′N 70°40′W / 19.150°N 70.667°W |
Argipel | Klein Antille |
Totale eilande | 3 |
Hoofeilande | Aruba, Bonaire, Curaçao |
Oppervlakte | 931 vk km |
Hoogste punt | Hooiberg 168 m |
Administrasie | |
Nederland
| |
Grootste stad | Willemstad (140 000)
|
Demografie | |
Bevolking | 258 949
|
Die ABC-eilande (Nederlands: ABC-eilanden, Engels: ABC Islands, Papiaments: Islanan ABC) is 'n versamelnaam vir die Nederlandse eilande Aruba, Bonaire en Curaçao. Aruba en Curaçao is saam met Sint Maarten outonome lande in die Koninkryk der Nederlande, terwyl Bonaire tot Karibies Nederland behoort. Die ABC-eilande is in die suide van die Karibiese See net noord van die kus van Venezuela geleë.
Aruba het op 1 Januarie 1986 'n outonome land in die Koninkryk der Nederlande geword en die eilande Bonaire en Curaçao het tot 2010 deel van die Nederlandse Antille uitgemaak. Sedert 1 Januarie 2011 is die Amerikaanse dollar die geldeenheid op Bonaire.[1]
Vlag | Landdeel | Bevolking | Oppervlakte | Bevolkingsdigtheid | Geldeenheid |
---|---|---|---|---|---|
Aruba | 100 018 (2007)[2] | 193 km² | 518 /km² | Arubaanse floryn (AWG) | |
Bonaire | 13 389 (2010)[3] | 288 km² | 46 /km² | Amerikaanse dollar ($) USD | |
Curaçao | 142 180 (2010)[3] | 444 km² | 317 /km² | Antilliese gulden (ANG) |