Aanval op Pearl Harbor

Aanval op Pearl Harbor
Deel van die Tweede Wêreldoorlog

Kaart van Oʻahu met Japannese vliegroetes
Datum 7 Desember 1941
Ligging Pearl Harbor in Hawaii
21°21′54″N 157°57′00″W / 21.36500°N 157.95000°W / 21.36500; -157.95000
Resultaat Japannese oorwinning
Strydende partye
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State Vlag van Japannese Keiserryk Japan
Bevelvoerders
Vlag van Verenigde State van Amerika Husband Kimmel
Vlag van Verenigde State van Amerika Walter Short
Vlag van Japan Chūichi Nagumo
Vlag van Japan Isoroku Yamamoto
Sterkte
8 slagskepe
6 kruisers
29 torpedojaers
9 duikbote
390 vliegtuie
6 vliegdekskepe
2 slagskepe
3 kruisers
9 torpedojaers
441 vliegtuie
6 duikbote
Ongevalle
2 403 man sterf
5 slagskepe gesink
3 beskadig
3 kruisers gesink
3 torpedojaers gesink
188 vliegtuie vernietig
155 vliegtuie beskadig
29 vliegtuie verlore
55 vlieëniers sterf
5 duikbote gesink
9 skubaduikers gedood
1 krygsgevangene (luitenant Kazuo Sakamaki)

Die aanval op Pearl Harbor[1] was 'n voorkomende militêre verrassingsaanval[2] deur die Japannese Keiserlike Vlootlugmag op die Verenigde State (destyds 'n neutrale land) teen die vlootbasis by Pearl Harbor in Oahu, 'n eiland van Hawaii, net voor 08:00, op Sondagoggend, 7 Desember 1941. Die aanval het die volgende dag tot die formele toetrede van die Verenigde State tot die Tweede Wêreldoorlog gelei. Die Japannese militêre leierskap het na die aanval verwys as die Hawaii Operasie en Operasie AI,[3][4] en as Operasie Z tydens die beplanning daarvan.[5]

Japan het die aanval as 'n voorkomende aksie bedoel om te voorkom dat die Amerikaanse Stille Oseaan-vloot inmeng met sy beplande militêre optrede in Suidoos-Asië teen oorsese gebiede van die Verenigde Koninkryk, Nederland en die Verenigde State. In die loop van sewe uur was daar gekoördineerde Japannese aanvalle op die Amerikaanse Filippyne, Guam en Wake-eiland en op die Britse Ryk in Malaya, Singapoer en Hong Kong.[6]

Die aanval het omstreeks 07:48 Hawaiise tyd (18:18 GMT) begin.[7] Die basis is aangeval deur 353 keiserlike Japannese vliegtuie (insluitend vegters, vlak- en duikbomaanvallers en torpedo-bomwerpers) in twee golwe, van ses vliegdekskepe geloods.[8] Al agt Amerikaanse slagskepe is beskadig, insluitende vier wat gekelder is. Almal behalwe USS Arizona is later weer vlot gemaak, en ses is weer in diens geneem en het aan die oorlog deelgeneem. Die Japannese het ook drie kruisers, drie torpedojaers, 'n lugafweeropleidingskip en een mynlêer gesink of beskadig. Altesaam 188 Amerikaanse vliegtuie is vernietig; 2 403 Amerikaners is dood en 1 178 gewond.[9] Belangrike basisinstallasies soos die kragstasie, droogdok, skeepswerf, instandhouding, en brandstof- en torpedoorbergingsfasiliteite, sowel as die duikbootkaaie en die hoofkwartiergebou (ook die tuiste van die intelligensie-afdeling) is nie aangeval nie. Japannese verliese was gering: 29 vliegtuie en vyf miniatuur-duikbote het verlore geraak, en 64 dienspligtiges is dood. Een Japannese matroos, Kazuo Sakamaki, is gevang.

Japan het later die dag (8 Desember in Tokio) 'n oorlogsverklaring teen die Verenigde State aangekondig, maar die verklaring is eers die volgende dag afgelewer. Die volgende dag, 8 Desember, verklaar die Kongres oorlog teen Japan. Op 11 Desember het Duitsland en Italië elk oorlog verklaar teen die VSA, wat geantwoord het met 'n oorlogsverklaring teen Duitsland en Italië.

Daar was talle historiese presedente vir die onaangekondigde militêre optrede deur Japan, maar die gebrek aan enige formele waarskuwing, veral terwyl vredesonderhandelinge nog steeds aan die gang was, het president Franklin D. Roosevelt daartoe gelei om na 7 Desember 1941 te verwys as "'n datum wat in berugtheid sal bestaan" ("a date which will live in infamy"). Omdat die aanval sonder 'n oorlogsverklaring en sonder uitdruklike waarskuwing plaasgevind het, is die aanval op Pearl Harbor later in die Tokio-verhore as 'n oorlogsmisdaad veroordeel.[10][11]

  1. Morison 2001, pp. 101, 120, 250
  2. Worth, Roland H., Jr. (27 Januarie 2014). No Choice but War: The United States Embargo Against Japan and the Eruption of War in the Pacific. Jefferson, North Carolina: McFarland, Incorporated. ISBN 978-0786477524.{{cite book}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  3. Prange, Gordon W., Goldstein, Donald, & Dillon, Katherine. The Pearl Harbor Papers (Brassey's, 2000), p. 17ff; Google Books entry on Prange et al.
  4. For the Japanese designator of Oahu. Wilford, Timothy. "Decoding Pearl Harbor", in The Northern Mariner, XII, #1 (January 2002), p. 32fn81.
  5. Fukudome, Shigeru, "Hawaii Operation". United States Naval Institute, Proceedings, 81 (Desember 1955), bl. 1315–1331
  6. Gill, G. Hermon (1957). Royal Australian Navy 1939–1942. Australia in the War of 1939–1945. Series 2 – Navy. Vol. 1. Canberra: Australian War Memorial. p. 485. LCCN 58037940. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Mei 2009. Besoek op 16 Junie 2015.
  7. Prange et al. 7 Desember 1941, bl. 174.
  8. Parillo 2006, p. 288
  9. "Pearl Harbor Facts". About (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Februarie 2017. Besoek op 5 Oktober 2014.
  10. Yuma Totani (1 April 2009). The Tokyo War Crimes Trial: The Pursuit of Justice in the Wake of World War II. Harvard University Asia Center. p. 57.
  11. Stephen C. McCaffrey (22 September 2004). Understanding International Law. AuthorHouse. pp. 210–229.

Developed by StudentB