Aartappel | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Asterids |
Orde: | Solanales |
Familie: | Solanaceae |
Genus: | Solanum |
Spesie: | S. tuberosum
|
Binomiale naam | |
Solanum tuberosum |
Die aartappel (Solanum tuberosum) is 'n styselryke, knolagtige plant van die Solanaceae-familie. Die woord aartappel kan verwys na die plant, sowel as die eetbare knol. In die omgewing van die Andes word daar ook etlike naverwante aartappel-spesies gekweek. Aartappels is die wêreld se vierde gewildste voedselgewas, ná rys, koring en mielies.[1] Tans word meer as 8 000 aartappelkultivars in meer as 130 lande verbou. Daar word beraam dat sowat 350 miljoen ton aartappels op 195 000 vierkante kilometer se aartappelvelde verbou word.[2]
Langtermynberging van aartappels vereis gespesialiseerde sorg in koue pakhuise[3] en hierdie pakhuise is van die oudste en grootste stoorgeriewe vir bederfbare goedere in die wêreld.