Adigies Адыгабзэ, aːdəɣabza | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Rusland Turkye Jordanië | |
Gebied: | Noord-Kaukasus | |
Totale sprekers: | 491 800[1] | |
Taalfamilie: | Noordwes-Kaukasies Sirkassies Adigies | |
Skrifstelsel: | Cyrilliese alfabet Latynse alfabet Arabiese alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Rusland | |
Gereguleer deur: | geen | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | ady
| |
ISO 639-3: | ady
| |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Adigies (Adigies: Адыгабзэ, adygabze, adəgăbză [aːdəɣabza]), ook bekend as Wes-Sirkassies, is een van die twee amptelike tale van die Republiek van Adigea in Rusland. Die ander is Russies. Dit word deur verskeie stamme van die Adigea-volk gepraat, elk met sy eie dialek. Die mense wat dit praat, noem dit Adygebze of Adəgăbză.
Daar is blykbaar sowat 128 000 sprekers van die taal in Rusland en sowat 500 000 in die wêreld. Die grootste Adigiessprekende gemeenskap is in Turkye. Dit word ook in Jordanië gepraat. Dit is oral ’n minderheidstaal, ook in Adigea self, waar net sowat 20% van die inwoners dit praat.
Adigies behoort tot die Noordwes-Kaukasiese taalfamilie en is nou verwant aan Kabardies, Oebich, Abchasies en Abazyns. Die taal is ná die Russiese Rewolusie van 1917 gestandaardiseer en gebruik sedert 1938 die Cyrilliese alfabet. Voorheen is ’n Arabies-verwante alfabet en die Latynse alfabet gebruik. Die Latynse alfabet word ook in Turkye gebruik.
Adigies het ’n groot aantal medeklinkers: tussen 50 en 60 in die verskeie dialekte.