Sedert 1 Januarie2007 is Denemarke in streke ingedeel, wat die vorige administratiewe indeling in provinsies vervang. Uit die voormalige 271 munisipaliteite is 98 nuwe munisipaliteite gevorm.
Denemarke bestaan uit die volgende streke:
Hoofstad (Region Hovedstaden) 2 561 km², 1 633 565 inwoners (hoofstad: Hillerød)
Midde-Jutland (Region Midtjylland) 13.053 km², 1 219 741 inwoners (hoofstad: Viborg)
Noord-Jutland (Region Nordjylland) 8 020 km², 576 802 inwoners (hoofstad: Aalborg)
Seeland (Region Sjælland) 7 273 km², 811 511 inwoners (hoofstad: Sorø)
Suid-Denemarke (Region Syddanmark) 12 191 km², 1 185 840 inwoners (hoofstad: Vejle)