Adolf Hitler | |
Adolf Hitler in 1937 | |
Führer van Nazi-Duitsland
| |
Ampstermyn 2 Augustus 1934 – 30 April 1945 | |
Vise | Rudolf Hess (1933–1941) Posisie vakant |
---|---|
Voorafgegaan deur | Paul von Hindenburg (as President) |
Opgevolg deur | Karl Dönitz (as President) |
Kanselier van Duitsland
| |
Ampstermyn 30 Januarie 1933 – 30 April 1945 | |
Vise | Franz von Papen (1933–1934) Pos vakant |
President | Paul von Hindenburg (tot 1934) |
Voorafgegaan deur | Kurt von Schleicher |
Opgevolg deur | Joseph Goebbels |
Reichsstatthalter van Pruise
| |
Ampstermyn 30 Januarie 1933 – 30 April 1945 | |
Eerste minister | Franz von Papen Hermann Göring |
Voorafgegaan deur | Amp geskep |
Opgevolg deur | Amp afgeskaf |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 20 April 1889 Braunau am Inn, Oostenryk-Hongarye |
Sterf | 30 April 1945 Berlyn, Nazi-Duitsland |
Politieke party | Nasionaal-Sosialistiese Duitse Arbeidersparty |
Eggenoot/-note | Eva Braun (29–30 April 1945) |
Handtekening | |
Militêre Diens
| |
Lojaliteit | Duitse Keiserryk |
Diens/Tak | Reichsheer |
Jare in diens | 1914–1920 |
Rang | Gefreiter |
Eenheid | 16de Beierse Reserwe-Regiment |
Oorloë/Veldslae | Eerste Wêreldoorlog |
Toekennings | Ysterkruis (1ste en 2de klas) |
Adolf Hitler (* 20 April 1889 in Braunau am Inn, Opper-Oostenryk; † 30 April 1945 in Berlyn) was 'n politikus wat tussen 1934 en 1945 leier van die Nasionaal-Sosialistiese Duitse Arbeidersparty (die Nazi-party) was.
In die Eerste Wêreldoorlog was hy 'n Oostenrykse soldaat in die Beierse (Duitse) krygsmag. In 1925 het Hitler vrywillig afgesien van sy Oostenrykse burgerskap, en in 1932 is danksy die hulp van Rudolf Hess Duitse burgerskap aan hom toegestaan.
Op 30 Januarie 1933 is hy ingesweer as kanselier van Duitsland en in 1934 het hy ook die titel Führer (leier) van Nazi-Duitsland bygekry. Hy het politieke voordeel getrek uit die ekonomiese krisis wat Duitsland tydens die Groot Depressie vanaf 1929/1930 deurgemaak het.
Sy bedeling was verantwoordelik vir die dood van 'n beraamde twintig miljoen mense en ontelbaar baie se verskuiwing. Hitler, 'n begaafde spreker, word gesien as een van die invloedrykste en gevaarlikste leiers van die 20ste eeu.
Sy pogings om die Duitse grondgebied deur politieke druk en militêre optrede uit te brei, wat begin het met die inname van Pole in 1939, was een van die aanleidende faktore van die Tweede Wêreldoorlog. Teen die einde van die oorlog het hy en sy gade Eva Braun in die Berlynse Führerbunker selfmoord gepleeg.