Airbus A300 | |
---|---|
Lufthansa A300B4-600 | |
Tipe | Passasiersvliegtuig |
Vervaardiger | EADS (Airbus S.A.S.) |
Nooiensvlug | 28 Oktober 1972 |
Bekendstelling | 30 Mei 1974 deur Air France |
Hoofgebruikers | United Parcel Service (52) FedEx (49) American Airlines (34) Japan Airlines (22) |
Aantal gebou | 561 |
Weergawes | A300-600ST Beluga Airbus A310 |
Die Airbus A300 is 'n kort- tot mediumreikafstand wyerompvliegtuig. Die vliegtuig wat in 1972 vrygestel is, was die eerste tweemotorige wyerompvliegtuig ter wêreld en die eerste vliegtuig wat deur die Airbus-konsortium van Europese maatskappye, wat nou ten volle deur EADS besit word, geskep is.
Die A300 (saam met die A310) se produksie het in Julie 2007 tot 'n einde gekom. In 2020 word daar nog 209 A300s wêreldwyd gebruik, meestal as vragvliegtuie vir maatskappye soos United Parcel Service, FedEx Express en DHL[1]. Vragvliegtuigverkope sal in die toekoms die nuwe A330-200F-afstammeling behels.[2]
Nege Airbus A300- vliegtuie is deur die Suid-Afrikaanse Lugdiens gebruik tussen 1976 en 2001[3].