Airbus A320 | |
---|---|
Lufthansa A320-211 | |
Tipe | Smalromp passasierstraler |
Vervaardiger | Airbus |
Ontwerp deur | Airbus |
Nooiensvlug | 22 Februarie 1987 |
Bekendstelling | 28 Maart 1988 met Air France |
Status | In gebruik |
Hoofgebruikers | American Airlines US Airways[1] EasyJet China Southern Airlines China Eastern Airlines |
Aantal gebou | 10 997 (teen Jul 2023)[2] |
Eenheidskoste | Teen 2018 pryse:[3] A318: VS$ 77.4 miljoen A319: VS$ 92.3 miljoen A320: VS$ 101.0 miljoen A321: VS$ 118.3 miljoen. |
Die Airbus A320-familie bestaan uit kort- tot mediumreeks smalromp, kommersiële passasiersvliegtuie vervaardig deur Airbus. Die familie sluit die A318, A319, A320 en A321, asook die ACP besigheidstraler in. Die A320s word ook genoem A320ceo (met die huidige enjinopsie) na die bekendstelling van die A320neo.[4] Finale montering van die vliegtuigfamilie word in Toulouse, Frankryk en Hamburg, Duitsland, gedoen. Aan die begin van 2009 het 'n aanleg in Tianjin, China ook begin met die vervaardiging van Airbusvliegtuie vir die Chinese mark.[4] In April 2013 het Airbus 'n nuwe produksiefasiliteit vir die A319, A320, A321 en variasies begin bou in Mobile, Alabama.[5] Die vliegtuigfamilie kan tot 220 passasiers akkommodeer en het 'n reikafstand van 3 100 tot 12 000 km (1 700 tot 6 500 seemyl), afhangende van die model.
Die eerste lid van die A320 familie – die A320 – is in Maart 1984 van stapel gestuur met sy nooiensvlug op 22 Februarie 1987. Die famile het gou uitgebrei om die A321 (eerste aflewering in 1994), die A319 (1996), en die A318 (2003) in te sluit. Die A320-familie word 'n baanbreker in die gebruik van digitale "fly-by-wire" vlugbeheerstelsels, sowel as systokkontroles, in kommersiële vliegtuie. Sedert sy bekendstelling is daar voortdurende verbeteringsprosesse in plek.