Airbus A320 neo-familie | |
---|---|
'n Airbus A320neo van IndiGo, die grootse operateur | |
Tipe | Smalromppassasiersvliegtuig |
Vervaardiger | Airbus |
Nooiensvlug | 25 September 2014 |
Bekendstelling | 25 Januarie 2016 deur Lufthansa[1] |
Vrygestel | 2012–tans[2] |
Status | In gebruik |
Hoofgebruikers | IndiGo China Southern Airlines Frontier Airlines easyJet |
Aantal gebou | 1 289 teen 2020-04-30[3] |
Programkoste | "effens meer as €1 miljard" voorspel in 2010[4] |
Eenheidskoste | A319neo: VS$101,5 miljoen[5] A320neo: VS$110,6 miljoen [5] A321neo: VS$129,5 miljoen[5] |
Ontwikkel van | Airbus A320-familie |
Die Airbus A320neo-familie (neo vir nuwe enjinopsie) is 'n ontwikkeling van die A320-familie van smalromp-straalvliegtuie wat deur Airbus vervaardig word. Die eerste vlug is op 25 Desember 2014 onderneem en op 25 Januarie 2016 deur Lufthansa in diens gestel. Die CFM International LEAP- of Pratt & Whitney PW1000G- enjins word nuut ingespan en is standaard met haaivlerkies toegerus. Dit is 15% tot 20% meer brandstofdoeltreffend as die A320ceo-familie. Die A320neo-familie is gebaseer op die vorige A319, A320 en A321. Teen Januarie 2020 is 'n totaal van 7 395 A320neo-familievliegtuie deur meer as 115 lugrederye bestel, wat dit die vinnigste verkoper van kommersiële vliegtuie ooit maak.[6]