Aktiewe sterrestelsel

’n Hubble-foto van ’n stroom uit die aktiewe kern van die M87-radiosterrestelsel – dit is 5 000 ligjare lank.

Aktiewe sterrestelsels is ’n versamelnaam vir verskillende soorte sterrestelsels waar ’n baie klein gebied in die middel ’n groot helderheid vertoon oor minstens ’n deel van of moontlik die hele elektromagnetiese spektrum. Buitengewone stralings is al waargeneem in die radio-, infrarooi-, ultraviolet-, X-straal-, gammastraal- en sigbare spektrum.


Developed by StudentB