Al-Masdjid al-Haram | ||
Hadj-pelgrims in 2008 by die moskee. | ||
Ligging | Mekka, Saoedi-Arabië[1] | |
Spesifikasies | ||
Minaret(te) | 9 | |
Minarethoogte | 89 m | |
Kapasiteit | 900 000 (tot 4 miljoen in die hadj-tyd) | |
Webtuiste | www.gph.gov.sa |
Al-Masdjid al-Haram of Al-Masdjid al-Garam (Arabies: المسجد الحرام, letterlik die Heilige Moskee), ook genoem die Groot Moskee,[2] is die grootste moskee (of masiet) in die wêreld en omring Islam se heiligste plek, die Kaäba.[3] Dit is in die stad Mekka, Saoedi-Arabië, geleë. Moslems kyk in die kiebla (die rigting van die Kaäba) tydens hul salaah (gereelde gebede). Een van die Vyf Pilare van Islam vereis dat elke Moslem die hadj-pelgrimstog na Mekka minstens een keer in sy of haar lewe onderneem indien moontlik – dit is een van die grootste jaarlikse byeenkomste van mense in die wêreld.
Die huidige struktuur beslaan ’n gebied van 356 800 m2, insluitende die bidgebiede binne en buite. Dit is te alle tye oop.