Alfa Romeo (Formule 1)

Huidige logo van Alfa Romeo F1 Team en Stake
Alfa Romeo Tipo 182

Die Alfa Romeo F1 Team is 'n Switserse Formule 1-span. Die Italiaanse motorhandelsmerk Alfa Romeo het tussen 1950 en 1985 as 'n vervaardiger aan Formule Een deelgeneem, en tot 1988 voortgegaan om enjins aan ander spanne te lewer. Alfa Romeo was een van die vervaardigers wat aan die eerste seisoen van Formule 1 deelgeneem het, wat daardie jaar deur een van hul bestuurders, Nino Farina, gewen is. Juan Manuel Fangio het die bestuurderstitel vir Alfa Romeo in 1951 verower.

In 2018, na 30 jaar se afwesigheid, het Alfa Romeo sy terugkeer tot Formule 1 gemaak. In die jaar het Alfa Romeo saam met die Sauber-span op strategiese, kommersiële en tegnologiese vlak saamgewerk. Die renstal begin met die naam Alfa Romeo Sauber F1. In 2019 het die Sauber-span voortgegaan onder die naam Alfa Romeo Racing,[1] In 2020 was die oliemaatskappy Orlen die volgende titelborg, maar op 27 Januarie 2023 word die aanlynkasino Stake.com die titelborg en verander die span se naam na Alfa Romeo F1 Team Stake.[2]

  1. (nl) Sauber F1 verder als Alfa Romeo Racing, historische naam verdwijnt
  2. (en) Alfa Romeo F1 Team Stake is now live on stream with KICK.com Sauber persberig 27-1-2023

Developed by StudentB