Alfred Nobel

Alfred Nobel
Alfred Nobel

Geboortenaam Alfred Bernhard Nobel
Gebore 21 Oktober 1833
Stockholm, Swede
Oorlede 10 Desember 1896 (op 63)
Sanremo, Italië
Plek van graf Norra begravningsplatsen, Stockholm
Nasionaliteit Sweeds
Vakgebied Chemie, ingenieurswese
Bekend vir Ontdekking van dinamiet, Nobelprys
Handtekening

Alfred Bernhard Nobel (geb. 21 Oktober 1833 in Stockholm, Swede – † 10 Desember, 1896, Sanremo, Italië) was 'n Sweedse chemikus, ingenieur, uitvinder, wapenvervaardiger en die uitvinder van dinamiet. Hy was die eienaar van Bofors, wat hy van ’n produsent van hoofsaaklik yster en staal tot 'n vername wapenvervaardiger uitgebou het. In sy testament het hy bepaal dat sy beduidende fortuin gebruik moes word om die Nobelpryse tot stand te bring. Die sintetiese element nobelium is ook na hom genoem.


Developed by StudentB