Die Amhare (Amharies: አማራ, Āmara; Ge'ez: አምሐራ, ʾÄməḥära) is 'n etniese groep inheems aan die noordelike en sentrale hooglande van Ethiopië, veral in die Amharastreek. Volgens die nasionale sensus van 2007 woon byna 20 miljoen Amhare in Ethiopië, sowat 27% van dié land se bevolking. Hulle praat Amharies, 'n Semitiese taal binne die Afro-Asiatiese taalfamilie, as moedertaal.
Die Amhare vorm die grootste etniese groep in Ethiopië naas die Oromo en het hulle naam gegee aan die Amharastreek, een van nege etniese streke in Ethiopië. Amharies is die amptelike taal van Ethiopië, hoewel dit nie dié land se grootste taal is nie.
Die Amhare vorm sedert eeue gelede Ethiopië se invloedrykste etniese groep; hulle was die dryfkrag agter die Keiserryk Ethiopië, wat tussen 1137 en 1974 bestaan het.
↑(en) Joireman, Sandra F. (1997). Institutional Change in the Horn of Africa: The Allocation of Property Rights and Implications for Development. Universal-Publishers. p. 1. ISBN1-58112-000-1.