Angkor | ||
Angkor Wat in Angkor (ook bekend as Yasodharapura). | ||
Koördinate | 13°26′0″N 103°50′0″O / 13.43333°N 103.83333°O | |
Plaaslike naam | អង្គរ | |
Land | Kambodja | |
Soort | Stad | |
Streek | Suidoos-Asië | |
Oppervlakte | 40 100 ha | |
Geskiedenis | ||
Bouer | Yasovarman I | |
Gestig | Laat 9de eeu | |
Tydperk | Middeleeue | |
Kulture | Khmer-ryk | |
Unesco-wêrelderfenisgebied | ||
Tipe | Kultureel | |
Kriteria | i, ii, iii, iv | |
Verwysing | 668 | |
Inskripsie | 1992 (16de sessie) | |
Toestand | Bedreig (1992-2004) | |
Streek† | Suidoos-Asië | |
Beskrywing* | Angkor | |
† Streek soos deur Unesco geklassifiseer. * Naam soos op die Wêrelderfenislys |
Angkor (Khmer: អង្គរ) was die hoofstad van die Khmer-ryk en het van omstreeks die 9de tot die 15de eeu floreer. Dit was ook bekend as Yasodharapura (Khmer: យសោធរបុរៈ; Sanskrit: यशोधरपुर). Angkor was ’n megastad, waar minstens 0,1% van die wêreldbevolking van 1010 tot 1220 gewoon het. Die stad is die tuiste van die indrukwekkende Angkor Wat, een van Kambodja se gewildste besienswaardighede.
Die woord "Angkor" kom van die Sanskrit nagara (नगर), wat "stad" beteken.[1]