Anglo-Afrikane | |
---|---|
Sharlto Copley • David Livingstone • Cecil Rhodes • Mark Shuttleworth • Elon Musk | |
Totale bevolking: | 2–2,5 miljoen |
Belangrike bevolkings in: | Suid-Afrika 1 600 000 (2011)[1] |
Taal: | Moedertaal Engels Tweede of derde taal Afrikaans • Bantoetale |
Geloofsoortuiging: | Anglikanisme • Protestantisme • Rooms-Katolieke Kerk • Judaïsme |
Verwante etniese groepe: | Britte • Engelse • Skotte • Walliesers • Iere • Kleurlinge • Afrikaners • Franse • Vlaandere • Walense • Nederlanders • Duitsers |
Anglo-Afrikane is die deel van die Suid-Afrikaanse bevolking wat afstam van die Britse kolonialiste. Hulle woon naas Suid-Afrika ook in lande soos Namibië, Zambië, Zimbabwe en enkele omliggende lande.
Nadat die Britte in die begin van die negentiende eeu die Kaapkolonie van die Nederlanders verower het migreer Engelse kolonialiste op groot skaal na Afrika. In die proses kom hulle in konflik met die Boere (destyds die benaming vir Afrikaners, die nasate van Nederlandse kolonialiste) en die inheemse Suid-Afrikane (soos die Zoeloes).
Die Anglo-Afrikane vestig hulself ook in ander Britse kolonies soos Botswana (destyds Betsjoeanaland), Rhodesië, Basoetoland en Swaziland.
Suid-Afrikaanse Engels het 'n groot invloed op die Bantoetale, Nederlands en Maleis gehad.