Aramees ארמית ,ܐܪܡܝܐ, Arāmît | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Irak, Iran, Israel, Sirië, Turkye, Palestina | |
Gebied: | Midde-Ooste, Europa en Noord-Amerika | |
Totale sprekers: | 550 000 | |
Taalfamilie: | Afro-Asiaties Semities Wes-Semities Aramees | |
Skrifstelsel: | Arabiese alfabet, Aramese alfabet, Hebreeuse alfabet, Mandese alfabet, Siriese alfabet, | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | ||
ISO 639-3: | — | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Aramees (Arāmāyā, Siries: ܐܪܡܝܐ) is 'n Semitiese taalgroep in die Afro-Asiatiese taalfamilie. Saam met die Kanaänitiese tale (waaronder ook Hebreeus) maak Aramees deel uit van die Noordwes-Semitiese tale en is dit verwant aan Arabies, een van die Sentraal-Semitiese tale. Die Nabatees-Aramese skrif word as 'n moontlike historiese voorloper en bron van die Arabiese alfabet beskou.
Aramees het 'n geskiedenis wat oor 3 000 jaar strek. Dit was die administratiewe taal van antieke ryke en 'n godsdienstige taal. Dit is ook die taal waarin groot dele van die Bybelse boeke Daniël en Esra geskryf is, en die hooftaal van die Joodse Talmoed. Aramees was daarnaas die moedertaal van Jesus van Nasaret.
Moderne Aramees is steeds die moedertaal van talle verspreide gemeenskappe, veral Assiriërs, maar word tans as 'n bedreigde taal beskou.