Die Arianisme is 'n stroming binne die Christendom wat ontstaan het aan die begin van die 4de eeu. Dit is vernoem na die stigter daarvan, Arius (256-336), die presbyter van Alexandrië. Die teenswoordige unitarisme het ontstaan onder invloed van die Verligting in die sewentiende en agtiende eeu, en is 'n moderne variant van Arianisme.