Ariel, soos waargeneem deur die Voyager 2-ruimtetuig op 24 Januarie 1986. | |
Ontdekking | |
---|---|
Ontdek deur | William Lassell |
Datum | 24 Oktober 1851 |
Alternatiewe name | Uranus I |
Wentelbaaneienskappe[1] | |
Halwe lengteas | 191 020 km |
Wentelbaanradius | 190 900 km |
Wentelperiode | 2,520 dae |
Baanhelling | 0,260° (tot Uranus se ewenaar) |
Satelliet van | Uranus |
Fisiese eienskappe |
|
Afmetings | 1162,2 × 1155,8 × 1155,4 km |
Gem. radius | 578,9 ± 0,6 km (0,0908 Aardes) |
Oppervlakte | 4 211 300 km2 |
Volume | 812 600 000 km3 |
Massa | 1,353 ± 0,12021 kg (2,26×10−4 Aardes) |
Gem. digtheid | 1,66 ± 0,15 g/cm3 |
Oppervlak- aantrekkingskrag | 0,27 m/s2 |
Ontsnapping- snelheid | 0,558 km/s |
Rotasieperiode | sinchronies |
0,53 (geometries) 0,23 (Bond) | |
Skynmagnitude | 14,4 (R-band) |
Ariel (ook Uranus I) is die vierde grootste maan van die planeet Uranus ná Umbriel.
William Lassell het die maan op 24 Oktober 1851 ontdek, saam met Umbriel. Die maan is vernoem ná die Sylphe Ariel uit Alexander Pope se epiese gedig The Rape of the Lock, nie van William Shakespeare se toneelstuk Die Storm nie. Die meeste van Uranus se mane is vernoem ná figure uit William Shakespeare se werke en slegs Ariel, Belinda en Umbriel is vernoem na figure uit Alexander Pope se werke.