Arles Arle | |
---|---|
Stad | |
Uitsig oor Arles | |
Ligging van Arles in Frankryk (in rooi) | |
Koördinate: 43°40′36″N 4°37′40″O / 43.67667°N 4.62778°O | |
Land | Frankryk |
Région | Provence-Alpes-Côte d'Azur |
Département | Bouches-du-Rhône |
Regering | |
• Burgemeester | Hervé Schiavetti |
Oppervlak | |
• Stad | 758,93 km2 (293,02 vk. myl) |
Hoogte | 57 m (187 ft) |
Bevolking | |
• Stad | 52 197 |
• Digtheid | 69/km2 (180/vk. myl) |
• Metro | 53 057 |
Webwerf | www.ville-arles.fr |
Arles (Frans: [aʁl]; Oksitaans: Arle; Provensaals: Arle, [ˈaʀle]; Latyn: Arelate) is 'n distrik-hoofstad in die Suid-Franse département Bouches-du-Rhône, naby die Rhône en sowat 25 kilometer oos van Nîmes, 80 kilometer wes van Marseille en 24 kilometer van die Middellandse See af, met 52 600 inwoners (2005). Die Rhône vertak noord van Arles in twee riviere en vorm die rivierdelta van Camargue. Aangesien Camargue in administratiewe opsig deel uitmaak van Arles, is dit met 'n oppervlak van sowat 760 vierkante kilometer die grootste munisipaliteit in Frankryk. Die Romeinse en Romaanse monumente van Arles is in 1981 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys.