Armeens

Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Armeniërs.
Armeens
հայերէն of հայերեն, hayeren 
Uitspraak: [hɑjɛˈɾɛn]
Gepraat in: Vlag van Armenië Armenië
Vlag van Azerbeidjan Azerbeidjan
Vlag van Frankryk Frankryk
Vlag van Georgië Georgië
Vlag van Rusland Rusland
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 
Gebied: Kaukasus
Totale sprekers: 5,3 miljoen[1] 
Rang: 94
Taalfamilie: Indo-Europees
 Armeens
 
Skrifstelsel: Armeense alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in: Vlag van Armenië Armenië
Vlag van Republiek Artsach Republiek Artsach
Gereguleer deur: Instituut van Armeens
Taalkodes
ISO 639-1: hy
ISO 639-2: hye
ISO 639-3: hye 
Verspreiding van Armeens
Indo-Europese tale
Indo-Europese tale
Albanees | Anatolies
Armeens | Balties | Kelties
Germaans | Grieks | Indo-Irannees
Italies | Slawies | Togaars
Proto-Indo-Europees
Taal | Vereniging | Geloof
Kurgan | Yamna | BMAC | Ariaans
Indo-Europese studies

Armeens (հայերէն/հայերեն, hayeren, [hɑjɛˈɾɛn]) is 'n Indo-Europese taal wat deur sowat 6,7 miljoen mense in Armenië, Georgië, Azerbeidjan en Rusland gepraat word. Armeens is die amptelike taal van Armenië en beskik oor sy eie unieke alfabet, die Armeense alfabet, wat in 406 n.C. deur Mesrob Mashtots, 'n monnik, teoloog en taalkundige, ontwikkel is.

Die woord vir Armeens (hayeren) geskryf in die Armeense alfabet
Etniese kaart van die Kaukasus-streek
Armeense padteken in Armenië

Armeens word in altesaam vier taalvorme verdeel:

  1. Oud-Armeens (Գրաբար – ook Grabar genoem, 5de tot 11de eeu), waarvan die oudste geskrewe dokumente uit die 5de eeu n.C. dateer. As literêre taal was Oud-Armeens nog tot in die 19de eeu in gebruik en vervul steeds godsdienstige funksies. Oud-Armeens is in 'n veelsydige literatuur oor teologiese onderwerpe, historiese gebeurtenisse, as taal van digkuns en epiese literatuur oorgelewer.
  2. Middel-Armeens (11de tot 17de eeu) en Nieu-Armeens (Asjcharabar, vanaf die 17de eeu) met
  3. Oos-Armeens (Արևելյան հայերեն – Areweljan Hajeren), die huidige ampstaal van die Republiek van Armenië en die (internasionaal nie-erkende) Republiek van Nagorno-Karabach wat ook deur Armeense gemeenskappe in Iran, Georgië, Rusland en voormalige deelgebiede van die Sowjetunie gepraat word.
  4. Wes-Armeens (Արևմտեան հայերէն – Arewmtjan Hajeren), oorspronklik die omgangstaal van Wes-Armenië (tans Anatolië in Turkye), wat ná die Armeense Volksmoord in die Ottomaanse Ryk nog deur baie Armeniërs in die diaspora gepraat word, veral in Libanon en in die Verenigde State. Wes- en Oos-Armeens verskil van mekaar ten opsigte van woordeskat, grammatikale besonderhede en uitspraak.

Ten opsigte van sy woordeskat toon Armeens baie ooreenkomste met die Griekse taal, soos uit parallele etimologiese wortels blyk. Taalkundiges neem dan ook aan dat daar 'n nou verwantskap tussen dié twee tale bestaan. Armeens het daarnaas ook woorde uit Irannese tale, Parthies, Middel-Persies, Persies, Frans, Latyn en veral Russies (veral tegniese vakterme en woorde uit die omgangstaal) ontleen.

Weens die groot aantal leenwoorde uit Irannese tale is Armeens vroeër valslik as 'n Irannese dialek beskou. Ná die onafhanklikwording van Armenië geniet taalsuiwering en taalkultuur steeds meer aandag.

  1. (en) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Armenian". Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Junie 2019. Besoek op 28 Augustus 2020.

Developed by StudentB