Aromatiese verbindings is die chemiese verbindings (meestal organies) wat een of meer ringe bevat met pi-elektrone wat rondom hulle gedelokaliseer is. In teenstelling met verbindings wat aromatisiteit vertoon, ontbreek alifatiese verbindings hierdie delokalisering. Die term "aromaties" is toegeken voordat die fisiese meganisme wat aromatisiteit bepaal ontdek was en verwys bloot na die feit dat baie sulke verbindings 'n soet of aangename reuk het; nie alle aromatiese verbindings het 'n soet reuk nie, en nie alle verbindings met 'n soet reuk is aromaties nie. Aromatiese koolwaterstowwe, of arene, is aromatiese organiese verbindings wat slegs koolstof- en waterstofatome bevat. Die konfigurasie van ses koolstofatome in aromatiese verbindings word 'n "benseenring" genoem, na die eenvoudige aromatiese verbinding benseen, of 'n "fenielgroep" as dit deel van 'n groter verbinding is.
Nie alle aromatiese verbindings is op benseen gebaseer nie. Aromatisiteit kan ook manifesteer in heteroarene, waar een of meer koolstofatome vervang is deur 'n ander atoom bv. suurstof, stikstof of swawel. In heteroarene wat Hückel se reël volg, dws. vir enkel (monosikliese) ringe, wanneer die aantal π-elektrone daarvan gelyk is aan 4n + 2, waar n = 0, 1, 2, 3, ..., kan dit 'n aromatiese verbinding vorm. Voorbeelde van nie-benseenverbindings met aromatiese eienskappe is furaan, 'n heterosikliese verbinding met 'n vyfledige ring wat 'n enkele suurstofatoom bevat, en piridien, 'n heterosikliese verbinding met 'n sesledige ring wat een stikstofatoom bevat.[1]
<ref>
tag; no text was provided for refs named Encyc