Arthur C. Clarke | |
---|---|
Gebore | Arthur Charles Clarke 16 Desember 1917 |
Sterf | 19 Maart 2005 (op 87) |
Nasionaliteit | Verenigde Koninkryk |
Beroep | Skrywer en uitvinder |
Bekend vir | Profiles of the Future 2001: A Space Odyssey Rendezvous with Rama The Fountains of Paradise |
Eggenoot | Marilyn Mayfield (1953–1964) |
Webwerf | www.clarkefoundation.org |
Arthur Charles Clarke (16 Desember 1917 – 19 Maart 2008) was 'n invloedryke Britse wetenskapsfiksie-skrywer. Hy is veral bekend vir sy wetenskapfiksieroman 2001: A Space Odyssey, en vir sy samewerking met filmregisseur Stanley Kubrick om 'n rolprent met dieselfde naam te vervaardig. Clarke word beskou as deel van wetenskapfiksie se "Groot Drie" skrywers van die twintigste eeu. Die andere twee skrywers is Robert Heinlein en Isaac Asimov.