Aurora, vasgemeer in Sint Petersburg, Rusland | |
Loopbaan | |
---|---|
Bestel: | Junie 1896 |
Neergelê: | 23 Mei 1897 |
Tewaterlating: | 11 Mei 1900[1] |
Indiensstelling: | 16 Julie 1903 |
Lot: | Museumskip |
Algemene Eienskappe | |
Verplasing: | 6 731 t (6 625 lang ton) |
Lengte: | 126,8 m (416 ft 0 in) |
Breedte: | 16.8 m |
Diepgang: | 7.3 m |
Aandrywing: | 24 Belleville stoomketels 11 610 pk (8 660 kW) |
Spoed: | 19 knope (35 km/h) |
Reikafstand: | 7 200 km teen 10 knope (12 km/h) |
Bemanning: | 590[2] |
Bewapening: | In 1903: 8 × 152 mm kanonne 24 × 75 mm kanonne 8 × 37 mm kanonne 3 × torpedobuise (twee onderwater) In 1917:14 × 152 mm kanonne |
Aurora (Russies: Авро́ра, Awrora) is 'n Russiese gepantserde kruiser wat tans as museumskip in Sint Petersburg bewaar word. Aurora was een van drie Pallada-klas kruisers, gebou in Sint Petersburg vir diens in die Stille Oseaan. Al drie skepe van hierdie klas het tydens die Russies-Japannese Oorlog gedien. Aurora het die Slag van Tsushima oorleef en is onder Amerikaanse beskerming in die Filippyne geïnterneer, en het uiteindelik na die Baltiese Vloot teruggekeer.
Een van die eerste voorvalle van die Oktober-rewolusie in Rusland het op die kruiser Aurora plaasgevind, wat na bewering die eerste skoot afgevuur het wat die begin van die rewolusie aangedui het.