| |||||
Volkslied: Azərbaycan marşı (Azerbeidjans vir: "Mars van Azerbeidjan") | |||||
Hoofstad | Bakoe | ||||
Grootste stad | Bakoe | ||||
Amptelike tale | Azerbeidjans | ||||
Regering | Unitêre semi-presidensiële[1] grondwetlike republiek İlham Əliyev Mehriban Əliyeva Ali Asadov | ||||
Onafhanklikheid Vorming en onafhanklikheid
• Koninkryk Albania • Eldiguzide • Demokratiese Republiek • Sosialistiese Sowjetrepubliek • Azerbeidjanse onafhanklikheid • Huidige grondwet |
van die Sowjetunie 4de eeu v.C. ca. 1135 28 Mei 1918 28 April 1920 18 Oktober 1991 12 November 1995 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
86 600 km2 (112de) 33 400 myl2 1,6 | ||||
Bevolking - 2022-skatting - Digtheid |
10 353 296[2] (90ste) 117 / km2 (99ste) 303 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2024-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2024-skatting | ||||
MOI (2021) | 0,745[4] (91ste) – hoog | ||||
Gini (2005) | 26,6[5] – medium | ||||
Geldeenheid | Manat (AM) (AZN )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
AZT (UTC+04) nie toegepas nie (UTC) | ||||
Internet-TLD | .az | ||||
Skakelkode | +994 |
Azerbeidjan (of Azerbaidjan of Aserbeidjan; Azerbeidjans: Azərbaycan, [ɑzæɾbɑjˈd͡ʒɑn]), amptelik die Republiek Azerbeidjan (Azərbaycan Respublikası, [ɑzæɾbɑjˈd͡ʒɑn ɾespublikɑˈsɯ]), is 'n landingeslote land in Suidwes-Asië in die Kaukasusberge. Dit is die beduidendste land in die suidelike Kaukasus-streek van Eurasië. Azerbeidjan word begrens deur die Kaspiese See in die ooste, Rusland in die noorde, Georgië in die noordweste, Armenië en Turkye deur die Naxçıvan-eksklawe van Azerbeidjan in die weste en Iran in die suide. Die land, wat in 1920 met geweld by die Sowjetunie ingelyf is, het sy onafhanklikheid in 1991 met die verbrokkeling van dié staat herwin.[6]
Azerbeidjan se historiese en kulturele erfenis strek so ver terug as die begin van die menslike beskawing. Die land is een van 'n reeks gebiede op aarde waarna as die "wieg van die mensdom" verwys word en lê in die hartland van 'n aantal antieke beskawings. Tans is Azerbeidjan een van ses onafhanklike state met Turkssprekende bevolkings, 'n lidstaat van die Turkse Raad en TÜRKSOY, 'n internasionale organisasie met sy hoofkwartier in Ankara wat die gemeenskaplike administrasie van Turkse kultuur en kunste behartig.
Die land, wat homself beskou as regsopvolger van die eerste demokratiese en sekulêre Islamitiese staat op aarde, die Demokratiese Republiek van Azerbeidjan, is steeds een van die mees progressiewe en sekulêre samelewings in die Islamitiese kultuurkring. Sy vooruitstrewende ekonomie is aan die land se olie- en gasrykdomme te danke, ten spyte van 'n bloedige oorlog met Armenië oor die Nagorno-Karabach-streek.[6]
'n Poëtiese bynaam van Azerbeidjan is "Land van Vlamme" of "Land van Vuur", 'n verwysing na die brandende aardgasbronne wat in antieke tye as die "Heilige Vuur van Bakoe" vereer is, maar ook na die land se verlede as een van die sentrums van die Zoroastrisme, die voor-Islamitiese godsdiens van Persië met sy kenmerkende vuurtempels. Veral in landelike gebiede is die Islamitiese godsdiens deurweef met elemente uit antieke kultusse.[7]
{{cite book}}
: Ongeldige |ref=harv
(hulp)