BMW M3

BMW M3
Oorsig
Vervaardiger BMW M GmbH
Produksie 1986–2018
Bakwerk en onderstel
Klas Kompakte mediumgroot (D-segment)
Uitleg Langsgeplaasde voorenjin, agterwieldryf
Plek in geskiedenis
Variante BMW 3-reeks
BMW M4

Die BMW M3 is 'n hoëverrigtingweergawe van die BMW 3-reeks wat deur BMW se eie motorsportafdeling, BMW M GmbH, ontwikkel is. M3-modelle word vir elke generasie van die 3-reeks vervaardig sedert die E30 M3 in 1986 bekendgestel is.

Die aanvanklike model was beskikbaar in 'n koepee-bakstyl met 'n afslaankap wat kort daarna bygevoeg is. M3-sedans was beskikbaar gedurende die E36 (1994–1999) en E90 (2008–2012) generasies. Sedert 2015 word die M3 uitsluitlik in die sedanbakstyl vervaardig, omrede die koepee- en afslaankapmodelle in die 4-reeks hergebruik word, wat dit die hoëprestasie-variant van die M4 maak.[1]

Opgradering van die standaard 3-reeksmodelle behels enjins, hantering, remme, lugdinamika, liggewig materiaal en verskillende binne-opgraderings.

  1. "BMW M3 Celebrating 20 Years of a Sporting Legend" (in Engels). worldcarfans.com. 27 Februarie 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Oktober 2013. Besoek op 27 Februarie 2012.

Developed by StudentB