Oorsig | |
---|---|
Vervaardiger | BMW |
Produksietyd | 2004-2015 |
Konfigurasie | Inlynviersilinder |
Afmetings | |
Inhoudsmaat | 1.8-2.0 L |
Blok | Aluminium |
Kopstuk | Aluminium |
Stelsels | |
Klepwerking | DBNA met VVT en VVL |
Brandstoftipe | Petrol |
Plek in geskiedenis | |
Voorganger | BMW N42 |
Opvolger | BMW N43 |
Die BMW N46 is 'n natuurlik-geaspireerde inlynviersilinder-petrolenjin wat die BMW N42 vervang het en is van 2004 tot 2015 vervaardig. [1]
Die N46 dien as basis vir die kleiner BMW N45-enjin (wat nie Valvetronic het nie).
In 2007 is die N46 se opvolger - die BMW N43 - bekendgestel. Die N43 wat direk ingespuit is, is egter nie in lande met 'n hoë swaelinhoudbrandstof verkoop nie, en die N46 word dus langs die N43 geproduseer. Daar is voortgegaan met produksie van die N46 tot in 2015, toe die laaste N46-modelle vervang is deur die BMW N13- turbo-viersilinderenjin.